Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

DiacAfric wil oor die praktyk praat

“Ons wil graag die insigte (uit 2015 se DiacAfric-konferensie) na die praktyk van alledaagse gemeentewees bring.”

So skryf dr Botha van Aarde van die Algemene Sinode se Taakspan vir Missionale Diakonaat oor die DiacAfric-konferensie wat van 31 Mei tot 1 Junie by die Padre Pio Spiritualiteitsentrum in Pretoria gehou word.

Diac Africa

Die oorhoofse tema vir vanjaar se konferensie is Armoede: geleentheid of verleentheid vir ʼn missionale gemeente. Dit word in drie subtemas hanteer.

Dr Lourens Bosman en dr Willie van der Merwe sal praat oor missionale transformasie en diakonaat. Daarna sal Van der Merwe praat oor gemeentepraktyke aan die hand van navorsingsresultate van die Hugenote Kollege. Mev Nadia von Wielich sal dan praat oor die integrasie van gemeentelike diakonaat en kerklike maatskaplike dienste.

Inskrywings moet voor 25 Mei gedoen word. Inskrywingsgeld is R300 en akkommodasie is beskikbaar teen R330. Navrae kan gerig word aan Rinel Hugo by 012 342 0092 of rinelh@ngkerk.org.za.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top