Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

‘Kerk moet almal laat tuis voel’

“Ons glo dat Christene in Suid-Afrika kan help om ‘n tuiste vir almal te skep. Ons glo dat die Bybelse waardes aan ons riglyne verskaf om ons visie te bereik.”

So sê die organiseerders van die Winterskool wat Fakulteit Teologie, Universiteit Stellenbosch, Dinsdag 31 Mei tot Donderdag 2 Junie 2016 aanbied. Vanjaar se tema is A home for us all – the future of Christianity and our youth in Africa.

Die hoofsprekers is ds Esmé Bowers, predikant van die Volle Evangelie Kerk en prinsipaal en direkteur van uitreike van “Happy Feet”, me Lovelyn Nwadeyi, nagraadse student in Politieke Wetenskap aan die Universiteit Stellenbosch, en prof Brian O’Connell, voormalige rektor en visekanselier van die Universiteit van Wes-Kaapland en voormalige hoof van die Wes-Kaapse Departement van Onderwys.

Talle parallelle sessies sal by die tema aansluit.

Die Winterskool vind plaas by die Fakulteit Teologie, Dorpstraat 171, Stellenbosch. Die koste beloop R350 vir die volle kursus. Die sluitingsdatum vir registrasie is Vrydag, 20 Mei 2016.

Navrae kan gerig word aan Helette van der Westhuizen by 021 808 9560 of hvdwest@sun.ac.za, of aan Wilma le Roux by 021 808 3624 of wler@sun.ac.za.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top