Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Dit was soos met nuus oor kanker

Die opskorting van die uitvoering van die Algemene Sinode se besluite oor selfdegeslagverhoudinge, was nie ’n besluit van die Algemene Taakspan Regte (ATR) of die Algemene Sinodale Moderamen (ASM) nie.

Dit het gebeur kragtens die gemenereg en hooggeregshofreël 49, omdat die NG Kerk se Kerkorde nie self duidelike riglyne gee vir wat moet gebeur in die geval van appèlle nie.

Ds Helgard Janse van Rensburg.
Ds Helgard Janse van Rensburg.

So het ds Helgard Janse van Rensburg, Vrystaatse moderator en lid van die Algemene Taakspan Regte, verduidelik tydens ’n streeksbyeenkoms van Noord-Vrystaatse gemeentes op Kroonstad.

Janse van Rensburg het dit vergelyk met die situasie waar daar vir ’n vergadering gesê word iemand het kanker. Die vergadering besluit dan nie dat so iemand kanker het nie, maar neem net kennis daarvan. So het die ATR en die ASM kennis geneem daarvan dat die uitvoering van die besluite opgeskort is, sonder om self daaroor te besluit.

Hy het ook gesê dat daar sprake was dat iemand ’n interdik sou aanvra teen die opskorting van die besluite, onder meer op grond daarvan dat die saak dringend sou wees en dat dit mense benadeel. Die regsadvies wat die ATR gekry het, is dat die kans op sukses van so ’n aansoek nie goed is nie.

Volgens Janse van Rensburg is daar drie lede van die ATR wat self ook appèlle teen die Algemene Sinode se besluite ingedien het. Wanneer die ATR weer vergader oor die saak, sal dié appellante hulleself aan die vergadering van die ATR moet onttrek. Hy self sal dan ook “op die kantlyn sit”, het hy gesê.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top