Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

‘Ons wil die struikelblokke wegvat’

Die missionale transformasie van die kerk is ’n beweging van God wat nie gekeer kan word nie, sê ds Freddie Schoeman, voorsitter van die Algemene Sinode se Taakspan vir Missionale Transformasie.

As taakspan sien hulle dit nie as hulle taak om nuwe strukture op te rig nie. Wat hulle wil doen, is om die energie wat daar reeds in die kerk is, te stimuleer en om die struikelblokke weg te vat wat dit moeilik maak om die kerk se missionale roeping uit te leef.

Hulle sien die missionale roeping van die kerk ook as iets omvattends wat alle aspekte van kerkwees raak. Hulle wil gemeentes help dat dit daar, op plaaslike vlak, kan grondvat.

Schoeman sê hulle dink ook dat teologiese opleiding ’n belangrike rol moet speel om die kerk te help om meer missionaal gerig te raak.

Een van die sake wat ook dringend aandag kry, is die herskrywing van die Kerkorde, omdat die huidige Kerkorde soms struikelblokke vir die missionale roeping van die kerk bevat.

Dit moet byvoorbeeld makliker gemaak word om ’n Fresh Expression op die been te bring. Nou is dit soms moeilik om so ’n bediening te begin onder ’n groep mense wat glad nie deur die kerk se bestaande bediening bereik word nie, bloot omdat dit binne die geografiese grense van ’n ander gemeente val.

Dit is die soort ding wat verander moet word, sê Schoeman.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top