Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Amptelike Nuus – 18 Julie


NG KERK

BEROEPE NA NG KERK-GEMEENTES

BEROEP – Ds Pieter Cockeran van Harrismith na Windhoek-Eros; ds JZ de Jager van Welbekend na Thabazimbi; ds JS Kloppers van Du Toitspan na Burgersdorp; dr Chris Malan van Lynnwoodrif na Kleinmond; dr Pieter van der Walt van Paarlberg as Predikant in Sinodale Diens: Teologiese Navorsing (Wes-Kaapland).

AANVAAR – Ds Pieter Cockeran van Harrismith na Windhoek-Eros; ds JZ de Jager van Welbekend na Thabazimbi; ds CJ Lötter na Rayton.

WES-KAAPLAND

DEMISSIE

Ds Bianca Botha van die NG gemeente Kuilsrivier-Digtebij het op 10 Julie 2016 demissie ontvang. (Helené Fouché, 20.06.2016).

OOS-KAAPLAND

BEVESTIGING

Prop PJ (Jaco) Nel word op Saterdag, 2 Julie 2016, in die NG gemeente Port Elizabeth-Oos bevestig. Sy intreekpreek het op Sondag, 3 Julie 2016, plaasgevind. (B Cowie, Skriba, 4.07.2016).

VRYSTAAT

BEVESTIGING

Ds Frans Oosthuizen is op 17 Julie 2016 in die NG gemeente Thaba Nchu-Tweespruit bevestig. Dit is ’n 1-jaar termynpos. (Brain White, Skriba, 13.07.2016).

WES-TRANSVAAL

RINGSITTING

Daar vind ’n ringsitting op Woensdag, 27 Julie 2016, by die NG gemeente Constantiakruin plaas. Bedieningspunt: Floridapark. (Dr Berrie de Vos, 06.07.2016).

Die nege-en-veertigste gewone vergadering van die Ring van Klerksdorp vind plaas op Maandag, 15 Augustus 2016, te NG gemeente Noordvaal, Orkney. (Ds JJC Rosssouw, RS, 12.06.2016).

NOORDELIKE SINODE

RINGSVERGADERING

Die vier-en-vyftigste gewone vergadering van die Ring van Pietpotgietersrus vind op Maandag, 1 Augustus 2016, te NG gemeente Potgietersrus-Oos plaas. (PH Venter, RS, 24.06.2016).

HOËVELD SINODE

DEMISSIE

Ds JZ de Jager van die NG gemeente Welbekend aanvaar op Sondag, 31 Julie 2016, demissie. Hy is vanaf 1 Augustus 2016 in diens van die NG gemeente Thabazimbi. Sy afskeidspreek sal op 24 Julie 2016 om 09:30 plaasvind. (Alma Visagie, 11.07.2016).

OOSTELIKE SINODE

BEVESTIGING

Ds CJ Lötter word as leraar in die NG gemeente Rayton op 13/14 Augustus 2016 bevestig en lewer ook sy intreepreek die naweek van 13/14 Augustus 2016. Reëlings volg. (Etienne Koekemoer, 20.06.2016).

ALGEMEEN

Hiermee word kennis gegee dat die gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Potgie­tersrus-Oos, na die afhandeling van die nodige kerkordelike formaliteite met die oog op eenwor­ding (Reglement 23.3), met ingang van 1 Julie 2016 ontbind en ingelyf word by die Nederduitse Gereformeerde Kerk van Transvaal – Piet Potgieters­rust Gemeente.

Die gemeentelike grens van die Nederduitse Gereformeerde Kerk van Transvaal – Piet Potgietersrust Gemeente, sal na die inlywing die vorige grense van die voormelde twee gemeentes insluit en omvat, en die gemeenskaplike grens tussen die eertydse twee gemeentes sal bloot verval. (Paul Grobler, 08.07.2016).

Vriende van Kerkbode

Ons benodig jou ondersteuning om ons digitale reikwydte te vergroot deur woord, video en die Kerkbode-podsending…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Kopiereg © Kerkbode 2025

Scroll to Top