Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

PCUSA sê ja vir Belhar

Die Presbyterian Church of the USA (PCUSA) het die Belydenis van Belhar verlede maand as sy twaalfde erkende belydenis aanvaar.

Die kerk se algemene sinode het dit op 23 Junie in Portland, Oregon, met 540 stemme teen 33 goed­ge­keur, nadat 84% van die kerk se ringe die aanvaarding van Belhar goedgekeur het. In ’n vorige stemming in 2010 kon Belhar nie aanvaar word nie, omdat twee derdes van die ringe dit nie goedgekeur het nie. ’n Meer­derheid het dit wel toe al ondersteun.

Ds Godfrey Beta, assessor van die Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika, wat die sinode bygewoon het, het ná die besluit gesê hy is dankbaar teenoor God en teenoor die PCUSA. Dit is ’n dag wat hy nooit sal vergeet nie.

Die PCUSA het meer as 1,5 miljoen aktiewe lidmate. Van die ander kerke wat Belhar ook reeds aanvaar het, is die Reformed Church in America en die Verenigde Protestantse Kerk in België.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top