Die United Reformed Church het met sy sowat 56 000 lidmate op 9 Julie die grootste kerk nog in die Verenigde Koninkryk geword wat gay-huwelike goedgekeur het.
Die kerk se algemene sinode het met 240 stemme teen 21 vir die voorstel gestem en daarmee die vereiste meerderheid van twee derdes bereik.
Die besluit laat gemeentes wat dit wil doen, toe om gay-huwelike te bevestig, maar dit lê geen verpligting op gemeentes wat dit nie wil doen nie.
Geborg
