Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Die begin van ‘n mulitkulturele bediening. In die voorste ry is dr Arno Meiring tweede van links en ds Peter Maruping tweede van regs.

‘Ons wil sáám wees’

Daar is ’n nuwe multikulturele bediening in Silverton, Pretoria-Oos. Die melodieë van die NG gemeente Skuilkrans en dié van die Middestadsgemeente van die Verenigende Gereformeerde Kerk het op die oggend van 5 Junie 2016 saamgesmelt.

So vertel dr Arno Meiring van die NG gemeente Skuikrans in Pretoria-Oos. Hy en ds Peter Maruping van die VGK is die projekleiers van hierdie nuwe kerkmodel van aanbidding in Tswana, Sepedi, Afrikaans en Engels.

Maruping het ’n soortgelyke bediening in die gemeente Stellastraat begin waar daar Sondagmiddae dienste in inheemse tale gehou word.

Op die oggend van 12 Junie kan die bitter koue nie die entoesiasme demp nie. “Ons wil saam wees,” sê Botho Brodie, die VGK-liturg. Soos daar geskrywe staan in Galasiërs: Dit maak nie saak of iemand Jood of Griek, slaaf of vry, man of vrou is nie …

Die prediker vanoggend is dr Ernest Tshivalo. Sy tema is God sal die goeie werk wat Hy begin het, volhou. Hy preek uit gedeeltes van Eksodus 13 en 14. Die uittog uit Egipte. Dr Tshivalo vertel hoe God self teenwoordig was en in beheer was gedurende hierdie reis van Egipte na die Beloofde land. Die doel van die uittog was duidelik. Die Israeliete moes van hulle onderdrukking deur die Egiptenare verlos word. Dit het gegaan om die verheerliking van God en die verwesen­liking van die koninkryk van God.

Wat is die doel van hierdie diens? vra Tshivalo. Dit sê vir ons dat dit tyd is om uit te kyk. Ons moet almal saamstaan en uitbeweeg na die gemeenskap, antwoord hy.

Die dienste is elke Sondagoggend van 11:00 tot 12:00 in die Skuilkrans satelliet-gemeente in Silverton. Skakel gerus vir ds Peter Maruping (076 960 3885) of dr Arno Meiring (082 807 4530) vir meer inligting.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top