Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Beskerm persvryheid, vra kerke

Die NG Kerk het hom by die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) geskaar in sy protes teen die ondermyning van persvryheid in Suid-Afrika.

Die SARK het gesê persvryheid is een van die hoekstene van die demokrasie. In sy dokument The South Africa we pray for het die Raad die versterking van die demokrasie en die stryd teen korrupsie geïdentifiseer as een van die pilare van die Suid-Afrika waarvoor hy bid.

Dr Gustav Claassen, algemene sekretaris, sê in ’n verklaring dat die reputasie van die SAUK ten opsigte van persvryheid al geruime tyd onder verdenking is. Redes daarvoor is die versuim om verslag te doen oor opposisiepartye of om andersdenkende stemme in hul programme te laat hoor.

Die verbod op die rapportering van situasies waar geweld ter sprake is en die afdanking van ’n aantal joernaliste het die saak tot ’n nuwe laag­tepunt gevoer.

Biskop Zipozihle Siwa, president van die Meto­distekerk en van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke, het gesê: “We lived through many years of pain because the media was driven by propaganda, and we cannot allow this to happen again.”

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top