Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Bid vir mens en dier

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

’n Aanklaer skryf:

Ek het opgegroei met die God wat “die aarde en alles daarop” geskape het en onderhou. Ek glo God het al die wesens wat Hy geskep het, lief en in ons sorg ge­plaas. Dit sluit diere, plante en grond in.

Ongelukkig het die boosheid ná die sondeval gekom. Omgee en sorg het plunder en vernietig geword – ook vir die groot grys kolosse.

Ek is een van die aanklaers wat daagliks betrokke is by die stryd teen renosterstropery. Shongi en Gracy is renosterwesies want hulle mammas was slagoffers van stropery.

Ek sou lank kon uitwei oor die wreedhede wat ménse pleeg teenoor hierdie diere wat die Heer geskep het.

Die effek wat dit op die renosters het, dié wat dood­gemaak word én dié wat vermink of wees agtergelaat word, is enorm – soos die effek wat dit het op die mense wat daagliks hiermee werk.

Wetstoepassing en rehabilitasie in die sfeer van natuur­bewaring vereis meer as kennis, intellek en onder­vinding. Dit vra ’n hart wat nooit ophou omgee nie en toewyding waarvoor geen opoffering te veel is nie. Hierdie omgeekwaliteite, kosbaar soos dit is, bring ’n groot emosionele las oor die hartelose lyding van die renosters.

Soms dink ek my kerk het geen idee van die prys wat betaal word in hierdie “oorlog” nie. Dalk is dit waarom ek nooit ’n predikant hoor bid vir die veldwagters en die ondersoekers en die versorgers van renosterwesies nie. Dalk bid ons nie vir renosters nie omdat hulle nie siele het nie. Of is daar te veel ander dinge wat ons van God nodig het?

Die Here het op my hart gelê om Christene te vra vir ernstige voorbidding vir mens en dier wat deel van die renosterstroopstryd is.

Ons het u nodig. Shongi en Gracy ook. Hulle is ook God se skepsels.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top