Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NGKN plant ’n boom

Die NG Kerk in Namibië het besluit om ’n boom te laat plant in die Luther-tuin in Wittenberg, Duitsland. Dié tuin word aangelê as deel van die viering van die begin van die Reformasie 500 jaar gelede.

Met dié besluit word Namibië die tweede sinode van die NG Kerk wat sy eie boom in die tuin sal hê. ’n Boom is vroeër deur ds Gert Duursema van die Noord-Kaap namens hulle sinode daar geplant.

Die Namibiërs sal egter nie self hulle boom gaan plant nie. Die direkteur van die sentrum van die Lu­ther­se Wêreldfederasie in Wittenberg sal dit namens die NG Kerk in Namibië doen.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top