Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

‘Ons praat te min oor geweld teen vroue’

“Ons praat te min oor geweld teen vroue, soos verkragtings,” sê dr Heerden van Niekerk, voorsitter van die Wes-Kaapse Sinode se Taakspan vir Leer en Aktuele Sake.

Dit is een van die indrukke wat by hom gebly het na ’n VBO-kursus oor seksualiteit wat by die Universiteit Stellenbosch aangebied is. Dié kursus kom nadat die Algemene Sinode in 2015 gevra het dat ’n Christelik-Bybels-etiese model oor seksualiteit vir alle mense ontwikkel moet word.

Van Niekerk sê daar is statistiek by die konferensie voorgehou wat die omvang van die probleem van geweld teen vroue aantoon.

van Niekerk Heerden (Wes-Suid-Kaap)
Dr Heerden van Niekerk, voorsitter van die Wes-Kaapse Sinode se Taakspan vir Leer en Aktuele Sake.

Dit is iets waaroor almal in die kerk saamstem, terwyl die gesprek oor selfdegeslagverhoudings verdelend is. Daarom kan dit vir die kerk ook goed wees om meer oor dié saak te praat.

Van Heerden sê nog ’n indruk uit die konferensie wat hom bybly, is dat die taal waarmee mense in die kerk met mekaar praat oor selfdegeslagverhoudinge belangrik is. Hy dink die kerk moet taal ontwikkel wat meer getuig van sensitiwiteit en daarvan dat mense mekaar hoor.

Hy dink ook die kerk moet die kenners van pastorale gesprekke in sy eie geledere kry om te help om die gesprekke oor selfdegeslagverhoudinge te voer.

Van Heerden sê dit was ook goed om ’n verskeidenheid van stemme te hoor. Dit sluit jonk en oud in, maar ook stemme uit verskillende vakgebiede, van teo­logiese terreine tot die biologiese wetenskappe.

Nog ’n indruk wat hom bybly is dat ’n term soos LGBTI (wat verwys na lesbies, gay, bi-, trans- en interseks) party mense mag irriteer, maar dit help om te verstaan wie almal ter sprake is – en dat dit nie so eenvoudig is om oor seksua­liteit te praat nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top