Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

SARK verras NG Kerkleiers

Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke het ’n spesiale dankdiens gehou om die NG Kerk se herstelde lid­maatskap van die Wêreldraad van Kerke te vier.

Dr Gustav Claassen sê die moderatuur van die Algemene Sinode het vroeër al besluit hulle wil ’n welwillendheidsbesoek bring aan die SARK se kan­tore in Khotso-huis in Johannesburg.

Toe hulle daar kom, was daar ’n dankdiens ge­reël. Aan die hand van die gelykenis van die verlore seun het biskop Zipo Siwa, president van die SARK, groot klem gelê op God se onverwagte genade. Die Imilonji Kantu-koor het die NG Kerk se moderatuur verras met ’n uitvoering van Totius se beryming van Psalm 48 in Afrikaans: “Die Heer is groot waar Sions top hom wentel uit die dieptes op.”

Claassen sê dit was nog ’n teken van hoe belang­rik die ander kerke in Suid-Afrika die NG Kerk se terugkeer na die WRK ag. Hulle het vroeër besef dat dit die hoofrede was waarom bis­kop Malusi Mpulmwana, die waarnemende al­ge­mene sekretaris van die SARK, die WRK se ver­g­adering in Noorweë gaan bywoon het.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top