Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Ds Nelis Janse van Rensburg

WRK het ‘n evangeliese hart

Hy was verras deur die evangeliese hart van die Wêreldraad van Kerke (WRK).

So het ds Nelis Janse van Rensburg, voorsitter van die Algemene Sinodale Moderamen (ASM), gesê toe hy Woensdagoggend vir die ASM vertel het van die NG Kerk se terugkeer na die WRK. Hy en dr Gustav Claassen was by ‘n vergadering van die WRK in Noorweë toe die NG Kerk se aansoek om lidmaatskap aanvaar is en die kerk terugverwelkom is in die breë ekumeniese kring.

Janse van Rensburg het verwys na ‘n bespreking van die Pelgrimsreis vir Geregtigheid en Vrede, een van die WRK se programme. Deelnemers aan die gesprek het vanuit die opstanding van Christus geredeneer, het hy vertel.

Janse van Rensburg het gesê die gesprek oor missionale kerkwees wat nou in die NG Kerk gevoer word, is al in die 1960’s deur die WRK gevoer. Die NG Kerk se afwesigheid daarby het hom ontsaglike skade berokken, het Janse van Rensburg gesê.

Hy het ook terugvoer gegee oor die hartlike verhouding wat daar tussen die NG Kerk en die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke is. Die liefde en omarming is buitengewoon.

“Ekumene gaan nie oor politiek nie. Dit gaan oor die liefde van Christus wat in beweging kom,” het hy gesê.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top