Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Kerkbode kry sy eie app

portrait-splash-screen-kerkbode_iphone6_gold_side2

Dit is nou makliker as ooit om Kerkbode op ’n selfoon of tablet te lees. Kerkbode het nou sy eie app wat gratis in Google se Play Store of Apple se App Store afgelaai kan word.

Daar is ’n spyskaart met opsies sodat ’n mens kan kies om na ’n spesifie­ke kate­gorie van inhoud – soos die brie­we, die vakatures of die nuus – te kyk. Die app het ook ’n goeie soekfunk­sie wat ’n mens kan help om vroeëre in­houd op te spoor.

Nou en dan, met belangrike plasings, sal daar ’n kennisgewing uitgestuur word deur die app dat daar ’n nuwe berig is, maar dit sal spaarsamig gebruik word sodat dit nie lastig raak nie.

Die app maak dit ook maklik om inhoud van die e-Kerkbode na sosiale net­werke te deel.

Om die app te installeer, besoek die Play Store met ’n Android toestel, of die App Store met ’n Apple toestel. ’n Soek­tog vir “Kerkbode” sal die app onmid­delik na vore bring, waarvandaan dit geïnstalleer kan word.

google-play-badge app_store_badge

 

 

Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc. | Apple and the Apple logo are trademarks of Apple Inc., registered in the U.S. and other countries. App Store is a service mark of Apple Inc.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top