Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Appèlkommissie begin werk

Die Appèlkommissie van die Algemene Sinode het begin om die appèlle teen die besluite van die Algemene Sinode van 2015 te hanteer. Dit sluit appèlle in teen die besluite oor verhoudings tussen mense van dieselfde geslag, maar ook appèlle teen die besluit wat sinodes die reg gee om hul eie belydenisgrondslag uit te brei.

Ds Thijs van der Merwe, voorsitter van die appèlkommissie, sê hulle het ontvangs erken van al die appèlle. Die appellante is versoek om te oorweeg om hulle appèlle liewer as beswaarskrifte in te dien. Party het aangedui dat hulle dit sal doen, ander het aangedui dat hulle wil volstaan met appèlle en van nog ander word antwoorde nog afgewag.

Oor die drie verskillende regsmenings wat aangedui het dat die hele appèlproses ongeldig is, sê Van der Merwe dit is ongetoetste opninies. Hulle werk volgens die kerkorde wat wel voorsiening maak vir appèlle.

Die kerkorde bepaal ook dat hulle dit in camera moet hanteer. Daarom kan hy nie oor die appèlle self praat nie.

Hy het wel gesê hulle hanteer die tegniese sake eerste.

Die appèlkommissie het hulle vergadering van twee dae in Pretoria op Woensdagmiddag, 21 September, afgesluit. Dit was hulle tweede vergadering. Hulle sal weer vroeg in Oktober vergader.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top