Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Help ’n dominee om te rus

Baie dominees werk te hard en rus te min. En dan kom daar ’n punt dat hulle uitbrand.

Dit het ds Theo Oosthuyzen van die NG gemeente Senekal in die Vrystaat ’n paar jaar ge­le­de aan sy eie lyf gevoel. Hy het nooit sy rusdag ge­vat nie, sê hy. En ook nie al sy verlof geneem nie.

Hy is nie die enigste wat homself op dié ma­nier tot uitbranding toe gewerk het nie. Daar is baie dominees wat nie vakansie kan bekostig nie en nooit wegkom om te rus nie.

Daarom het hulle nou met ’n program begin om dominees te help om vakansie te hou. Hy noem dit Help2Rest.

Die gedagte is dat mense wat vakansiehuise het, jaarliks ’n week beskikbaar stel waarin ’n do­mi­nee wat dit nodig het, saam met sy gesin daar kan gaan uitspan. In dié stadium het hulle reeds 20 weke op ’n databasis en die eerste dominee gaan eersdaags kans kry om weg te breek.

Omdat daar koste verbonde aan die projek is (soos die skoonmaak van die plek nadat dit gebruik is) vra hulle dominees om R100 per maand by te dra om van die diens gebruik te maak. Lidmate kan hierdie koste borg, want eintlik wil hulle die diens gratis aan dominees, emeriti en studente beskikbaar stel.

Aanvanklik begin hulle met predikante van die NG Kerk, maar as alles goed gaan, kan dit uit­gebrei word na ander kerke en na nie-rege­rings­organisasies ook.

Help2Rest het reeds ’n facebookblad, maar men­se wat meer wil weet, kan ook met Oosthuy­zen skakel by help2rest@gmail.com of by 082 388 5002.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top