Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

‘Moenie ons menswaardigheid skend nie’

Moenie hierdie reg van ons wegneem nie en moenie dat ons menswaardigheid weer geskend word nie. Dít is die pleidooi van ses gay pare wat almal in burgerlike verbintenisse bevestig is, aan die buitengewone Algemene Sinode van die NG Kerk. Die groep se volledige skrywe lui só: 

Voorlegging aan die Buitengwone Algemene Sinode van die NG Kerk deur egpare in Burgerlike Verbintenisse

Ons is ‘n aantal lidmate van die NG Kerk wat almal reeds geruime tyd  in selfdegeslag- burgerlike verbintenisse is.

Ons het kennis geneem dat:

  • die Algemene Sinode van die NG Kerk in Oktober 2015 besluit het om erkenning te gee aan hierdie tipe verbintenisse;
  • die uitvoering van hierdie besluit in November 2015 opgeskort is op grond van regsadvies wat ingewin is oor die effek van appelle wat téén die besluit aangeteken is;
  • hierdie opskorting van die besluit in September 2016 opgehef is.

Ons aanvaar dat hierdie besluit van die Algemene Sinode nou geldig is en dat die erkenning van ons burgelike verbintenisse dus van krag is.

Ons beskou hierdie erkenning deur die Kerk enersyds as ‘n voorreg waarvoor ons baie dankbaar is, maar andersyds as ‘n kosbare reg wat ons met groot jaloersheid sal beskerm.

Ons doen ‘n ernstige beroep op die Algemene Sinode om enige poging om hierdie reg van ons af weg te neem met groot beslistheid teë te staan en om op dié manier te verseker dat ons Godgegewe menswaardigheid nie weer geskend word nie. 

  1. Pieter Oberholzer en Fanie Zondagh
  2. Jean du Plessis en Danie Smit
  3. Judith Kotzé en Surita Madsen-Leibold
  4. Liesbeth en Jomarié Botha
  5. Leon Homan en Pieter Smit
  6. Francois Johannes (Francois) Conradie en Jasper Nicolaas Johannes (Nick) Smit
No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top