Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

NGK kan kinders ‘SmartStart’


Die NG Kerk in die Wes-Kaap is aangewys as ’n vennoot van SmartStart – ’n nie-regeringsor­ga­nisasie met ’n groot droom om ’n verskil in Suid-Afrika te maak deur vroeë kinderontwikkeling.

Volgens ds Leon Venter, predikant van die diensgroep Diaconia in Wes-Kaapland, is SmartStart gerig op kinders wie se ouers nie kan bekostig om hulle na ’n kleuterskool te stuur nie. SmartStart werk op ’n “sosiale franchise-beginsel” wat beteken hulle wil 50 000 vroue oplei en ondersteun om hulle eie klein mikro-be­­sigheid te begin deur met drie- tot vierjariges te werk, sê Leon.

Hy sê: “Om dit te kan doen het Smartstart streeks- en nasionale franchisors nodig wat franchisees op plaas­like vlak identifiseer, oplei en ondersteun. Die NG Kerk in die Weskaap is aangewys as een van die franchisors.”

SmartStart bied vir vroue en hulle franchisors gratis opleiding, speelgoed, leerdermateriaal, hulpbronne, in­houd-werkswinkels vir ouers, ’n daaglikse program, on­dersteuning en lisensiëring volgens SmartStart se stel­sel, verduidelik Leon.

Volgens Venter help Diaconia gemeentes om by Smart­Start betrokke te raak.

“Diaconia is besig om met die regeringsdepartemente te onderhandel oor finansiële steun vir die onafhanklike Smartstart-franchisees vanuit die regering se werkskeppingsprogram. Gemeentes sal verantwoor­de­lik wees vir identifisering van vroue, hulp met plaas­li­ke organisasie en ondersteuning en hulp verleen soos die gemeente kans sien, byvoorbeeld met kos, infra­struktuur, emosionele en fisiese ondersteuning.

“Diaconia sal personeel aanstel om die Smartstart franchisees asook gemeentes te ondersteun. Dit is alles nuut en die eerste keer dat die kerk poog om op ’n projekbestuur-basis gemeentes betrokke te kry by sosiale ontwikkeling op grondvlak, in elk geval met kinders.

“As ons as kerk ernstig is om ’n bydrae te maak om ons land te verander, het ons nie ’n keuse as om die uitdaging ernstig en entoesiasties aan te pak nie. Ander mense doen dit en droom groot drome. Hoeveel te meer moet die gestuurdes van God ernstig wees om aan die armste kinders ’n klein kans te bied om hul po­tensiaal te ontwikkel en vir hulle ’n beter geleentheid te gee op ’n suksesvolle skoolloopbaan en ’n pro­duk­tiewe ekonomiese lewe,” sê Venter.

Besoek smartstart.org.za vir meer inligting of diaconia.co.za om betrokke te raak.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Kopiereg © Kerkbode 2025

Scroll to Top