Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

‘Bid vir droogte, kampusse’

Die NG gemeente Moreletapark het alle mede-Suid-Afrikaners, kerke, gemeentes en gemeenskappe gevra om Donderdag 13 Oktober saam met hulle te vas en bid oor die onrus op universiteitskampusse en die droogte in Suid-Afrika.

Hulle vra dat daar gebid word vir universiteite, vir die beëindiging van kampusgeweld; vir vrede in harte en positiewe gesindhede, en vir geskikte, permanente oplossings.

Oor die droogte vra hulle dat daar gebid word vir landswye, mildelike, deurdringende reën en vir die landbougemeenskappe.

Die oproep kom kort nadat die NG Kerk se Algemene Sinodale Moderamen gevra het dat al die kerk se gemeentes op Sondag 2 Oktober sou bid vir reën.

Dr Dewyk Ungerer, moderator van die Noordelike sinode, het gemeentes van dié sinode ook vroeër gevra om op Sondag 2 en 9 Oktober te bid vir die situasie by universiteite. Dit was nadat die Tukkiesrektor kerkleiers gevra het om hulp om die situasie op dié kampus te stabiliseer.

Moreletapark sê in sy verklaring: “Mag daar ‘n geestelike en persoonlike herlewing landswyd posvat omdat God die God van oplossings en vrede is. Iets besonders gebeur altyd wanneer gelowiges saamkom om ‘n saak voor die Here te bepleit!

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top