Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Die nuwe moderatuur van die NG Kerk in KwaZulu-Natal: Van links is dr Heinrich Theunissen, dr Barry Tolmay, ds Rupert de Koning en ds Marlize Malherbe.

KZN kies nuwe leiers

Dr Barry Tolmay, predikant van die NG gemeente Kranzkloof in Durban, is die nuwe moderator van die NG Kerk in KwaZulu-Natal.

Tolmay, wat voorheen die assessor was, volg vir ds Frikkie van der Merwe op.

Die sinode, wat in Pietermaritzburg vergader, het vir ds Rupert de Koning van die Meerensee in Richardsbaai as nuwe assessor verkies.

Dr Heinrich Theunissen van Newcastle-Suid is herkies as aktuarius en ds Marlize Malherbe van die gemeente Richardsbaai is die nuwe skriba. Sy volg vir ds Mauritius Pienaar op.

Die nuwe span sal die sinode in die volgende termyn lei met die tema “In Christus is ons hoop”.

Die sinode het hierdie tema goedgekeur nadat hulle die afgelope vier jaar aan die hand van die verhaal van die Emmausgangers gewerk het met die tema “In Christus saam op pad”.

Die nuwe tema is geformuleer aan die hand van die perikoop in Lukas 24:36-53 waar die opgestane Jesus in Jerusalem aan sy dissipels verskyn. Dit is die gedeelte wat volg op die verhaal van die Emmausgangers.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top