Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Die nuwe leierskap van die NG Kerk se sinode Goudland. Van links is ds PC Pretorius, dr Anton Fick, dr Andries Kritzinger, ds Johan Brink, ds Norma Rossouw (uittredende voorsitter), ds Nico van Rensburg, ds Bok van Rensburg, ds Grant du Plessis en ds Irma Nel.

Goudland kies nuwe leiers

Ds Johan Brink van die NG gemeente Fochville-Noord het ‘n splinternuwe leierskapspan gekry wat saam met hom die Sinode Goudland (vroeër Wes-Transvaal) in ‘n nuwe termyn gaan lei.

Brink is tot nuwe voorsitter verkies in die plek van ds Norma Rossouw. Sy was nie weer vir die leierskapspan beskikbaar nie.

In die sinode se nuwe leierskapstruktuur is daar drie ondervoorsitters wat leiding neem by drie groepe van dienswerk.

Dr Andries Kritzinger van Orkney is die ondervoorsitter vir die rugsteungroep. Dit sluit Leer en aktuele sake, regte, finansies en administrasie en kommunikasie in.

Ds Grant du Plessis van die gemeente Sederpark in Lictenburg is ondervoorsitter vir misionale diakonaat, wat sending, studentebediening en diens van barmhartigheid insluit.

Dr Anton Fick van Constantiakruin is ondervoorsitter vir missionale kerkwees. Dit sluit in predikantebediening, gemeentebediening, vroue, jeug en emeriti.

Ds Bok van Rensburg van die gemeente Lux Deo in Vereeniging is die skriba en ds Nico van Rensburg die predikant in sinodale bediening.

Daarby is daar twee jonger predikante as addisionele lede verkies. Hulle is ds Irma van Rensburg van Helikonpark in Randfontein en ds PC Pretorius van Fochville-Noord.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top