Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Dis weer tyd vir BM/CT-pryse

Bybel-Media (BM) en Cordis Trust (CT) nooi uitgewers en individue uit om publikasies van jonger as twee jaar voor tel lê vir 2017 se BM/CT-prys vir oorspronklike Afrikaanse gesins-, jeug- of kinderlektuur. Daar is prysgeld van R7 500 en ‘n oorkonde aan die toekenning verbonde.

Die Sluitingsdatum vir inskrywings is 5 Desember 2016. Vier eksemplare van elke publikasie word benodig. Navrae kan gedoen word by amanda@bmedia.co.za of 021 864 8231. Pryse sal in die tweede kwartaal van 2017 oorhandig word.

By dieselfde geleentheid sal die BM/CT-prys vir ‘n voortreflike Afrikaanse BM-publikasie en die BM/CT-prys vir Bydrae tot Spesiale projek met ‘n BM-verbintenis ook oorhandig word. Dit behels elkeen ‘n oorkonde en prysgeld van R5 000.

Slegs BM-Publikasies jonger as twee jaar kom in aanmerking vir die BM/CT-prys vir ‘n voortreflike Afrikaanse BM-publikasie. Daar word voorkeur gegee aan jonger skrywers.

Die BM/CT-prys vir ‘n bydrae tot ‘n spesiale projek met ‘n BM-verbintenis gaan oor projekte binne ‘n BM of kerklike omgewing gedurende die laaste twee jaar.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top