Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

’n Gedeelte van die kinderkunsmuur by die Oos-Kaapse sinode. Foto's: Louise Jackson

“Maar julle sal krag ontvang . . .”

Teen die een muur van die saal waar die NG Kerk in Oos-Kaapland sinode hou, pryk ‘n vrolike, bont versameling van kinderkuns.

Dit is sketse wat deur laerskoolkinders uit Oos-Kaapse gemeentes gemaak is aan die hand van Handelinge 1:8: “Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem, in die hele Judea en Samaria en tot aan die einde van die aarde.”

Dié teks vorm deel van die groter gedeelte van Handelinge 1:4-14 wat die sinode elke dag tydens die dagwyding gebruik om te wandel in die Woord.

Deur die sketse word die kinders van die Oos-Kaapse kerk ook op ’n manier betrokke by die sinode se vergadering.

Hier is ’n paar foto’s van die muur met kinderkuns en van die individuele sketse wat deur kinders gemaak is.

Janie Joubert (8) van Despatch se interpretasie van Handelinge 1:8.
Janie Joubert (8) van Despatch se interpretasie van Handelinge 1:8.
'n Kunswerk van Eloise Whittle.
‘n Kunswerk van Eloise Whittle.
Johan Cronjé se kleurvolle skets.
Johan Cronjé se kleurvolle skets.
Nog ’n interpretasie van Handelinge 1:8 - dié een deur Chleo Stannard.
Nog ’n interpretasie van Handelinge 1:8 – dié een deur Chleo Stannard.
No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top