Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Gemeentes, hoe lyk jul missionale stroom?

“Ons wil vandag fokus op die roeping van die kerk.”

Met dié woorde het ds Dirkie van der Spuy, assessor, die derde dag van die Buitengewone Algemene Sinode 2016 geopen.

“Wat is God se visie of plan vir jou gemeente?” het Van der Spuy aan sinodegangers gevra, en hulle kans gegee om daaroor te gesels. Hy het ook gevra dat gemeentes moet seker wees dat hulle visie nie net op papier is nie, maar in lidmate se harte leef.

“In Esegiël 47 loop die lewende water van God uit die tempel in die woestynwêreld. Dit is ʼn duidelike visie dat God se stroom nie opgedam moet word nie. Ons as kerk moet ʼn missionale hart hê.”

Gemeentes moet versigtig wees dat daar in gemeentes nie net lidmate tevrede en besig gehou word nie, maar dat mense buite bereik word, het hy gesê.

Van der Spuy het na Esegiël 47:12 verwys waar God se stroom van lewende water herlewing en vernuwing bring in ʼn woestynwêreld. Só kan die evangelie lewe bring vir mense wat geestelik dood is.

Van der Spuy het laastens sinodegangers gevra om hulle gemeente se “missionale stroom” na buite te meet. Wat is die begroting hiervoor? Wat is die fokus van jou gemeente se kleingroepe? Watter opleiding rus lidmate missionaal toe?

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top