Stuur Amptelike Nuus na Mario Small by mario@bmedia.co.za
NG KERK
BEROEPE NA NG KERK-GEMEENTES
BEROEP – Ds Pierre Burger van Gesinskerk Ballito, Noordkus, na Caledon-Wes; prop dr Jan Abraham de Man na Viljoensdrif; ds Louis Fourie van Valhala na Marble Hall; prop Philippus Rudolph Botha Gräbe na Quellerina; ds Deon Holtzhausen na Bonaeropark; prop Anel Pienaar na Pretoria-Dowes; ds Karel van der Westhuizen van Doornpoort as medeleraar na Paarl-Vallei; ds Phillip Voight van Culembeeck na Sionsrand.
AANVAAR – Ds Deon Holthausen na Bonaeropark.
WES-KAAPLAND
BEVESTIGING
Ds Pierre Burger sal vanaf 1 Janaurie 2017 in diens wees by NG gemeente Caledon-Wes en sal sy intreepreek op Sondag, 15 Januarie 2017 lewer. (Juanita Kruger, Skr, 14.11.2016).
BEVESTIGING
Ds Karel van der Westhuizen is as medeleraar in die NG gemeente Paarl-Vallei op Sondag 6 November 2016 bevestig. (Gawie van Broekhuizen, leraar: Paarl-Vallei gemeente, 09.11.2016).
DEMISSIE
Ds SW Kotzé het op Sondag 27 November 2016 demissie by die NG gemeente Oudtshoorn ontvang. (Ds JM Fourie, RS, 24.11.2016).
DEMISSIE
Ds MS Janse van Rensburg het op Sondag 27 November 2016 demissie by die NG gemeente Kangovalleie ontvang. (Ds JM Fourie, RS, 24.11.2016).
EMERITAAT
Ds Johan Morkel van die NG gemeente Kuilsrivier-De Eike het op 30 November 2016 geëmeriteer. Hy sal sy akte van demissie op Sondag 4 Desember 2016 ontvang. (Mariana van Schalkwyk, Saak, 21.11.2016).
EMERITAAT
Ds Adam Johannes (Johan) Jacobs van die NG gemeente Aurora ontvang op 15 Januarie 2017 sy akte van demissie by emeritaat vir 31 Januarie en lewer op 22 Januarie 2017 sy afskeidspreek. (JC van Schoor, RS, 18.11.2016).
OOS-KAAPLAND
EMERITAAT
Ds Jan Coetzee van Sionsrand het sy afskeidspreek op 27 November 2016 gelewer waartydens hy ook akte van demissie by emeritaat ontvang het. (Marthie Gerber, 12.11.2016).
BEVESTIGING
Ds Phillip Voight se intreepreek word op 22 Januarie 2017 om 09:00 in die NG gemeente Sionsrand gehou. (Marthie Gerber, 12.11.2016).
HOËVELD
BEVESTIGING
Ds HG Holthausen is op 13 November 2016 in die NG gemeente Bonaeropark bevestig. Sy intreepreek is by dieselfde geleentheid gelewer. (Michelle van Tonder, RS, 12.11.2016).
OOSTELIKE SINODE
DEMISSIE
Ds CP Momberg van Ligkruis het op 27 November 2016 demissie ontvang weens die gemeente se finansiële onvermoë. (Dr CH Booy, RS, 21.11.2016).