Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Die lewende hoeksteen

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

G Geldenhuys van Stellenbosch skryf:

Die jongste buitengewone Algemene Sinode (BAS) wys daarop dat die amptelike besluite van die Algemene Sinode oor Skrifgebruik en Skrifgesag steeds geld. 

Uit die Skrif leer ons dat Christus die lewende hoek­steen van die kerk is. In Hom sluit die hele gebou saam en word gelowiges opgebou as ’n geestelike huis waarin God woon. Wie op Christus as hoeksteen bou, word nooit te­leurgestel nie. Diegene wat nie in Christus glo nie, struikel oor hierdie hoeksteen en stamp hulle daarteen. 

Teenoor hierdie boodskap van die Skrif bevestig die BAS dat die gesin as hoeksteen in ’n Christelike ge­meen­skap beskou word. Dit laat die vraag ontstaan: Wat­ter geloofwaardigheid kan aan besluite van die BAS geheg word?

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top