Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.
Dr Daniel Louw skryf:
Ek dink die stigting van ‘n seminarium is die regte rigting om in te slaan.
Die beplande gespreksgeleenthede van die kuratorium is ook ‘n goeie idee en die regte ding om te doen. Ek dink net die kuratorium moet ‘n kommunikasiekanaal vestig na proponente en beroepbare predikante en spesiale moeite doen om na hulle te luister, veral na predikante wat beroepbaar is en uit diens gestel is en normaalweg verby gegaan word.
Sodanige gesprekke wat normaalweg net met Ringe en streke gereel word sonder om hulle in ag te neem en by die gesprekke te betrek gee aanleiding tot die sogenaamde beweerde verdagmaking en die afwesigheid van die beweerde respek en vertroue.
Beroepbare predikante wat vir baie jare diens gedoen het in gemeentes en nou sonder gemeente is, kan regtigwaar baie help ten opsigte van tekortkominge in teologiese opleiding. Ek, as beroepbare predikant, sal moeite doen om deel te neem aan die gesprek as ek daarin geken word en geleentheid kry om onbevange eerlik my inset te lewer en natuurlik gehoor te word.
