Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Amptelike Nuus, 20 Januarie 2017


Stuur Amptelike Nuus na Lida Viljoen by lida@tydskrifte.co.za

NG KERK

BEROEPE NA NG KERK-­GEMEENTES

BEROEP – Ds Janet Cruywagen van Lynnwoodrif na Valleisig; prop Jana Dickason na Durbanville; ds Johan Christiaan Dorf­ling van Vanderbijlpark-Sentraal na Robertson-Oos; Willem Petrus (WP) du Plessis van Edenburg na Goudini; ds Charl Janse van Rensburg van Vosburg na Amersfoort; ds Gert Hendrik Meyer na Rynfield; dr Rudolph Oosthuizen na Fort Beaufort met opdrag: dosent Fort Hare; dr Johann Voges na Chrissiesmeer.

AANVAAR – Prop Jana Dickason na Durbanville; dr Johann Voges (emeritus) na Chrissiesmeer.

WES-KAAPLAND

DEMISSIE

Ds SW Kotzé het demissie by die NG gem Oudts­hoorn op Sondag 27 November 2016 ontvang.

Ds MS Janse van Rensburg het demissie by die NG Kangovalleie op Sondag 27 November 2016 ontvang. (Ds JM Fourie, RS, 19.12.2016).

OOS-KAAPLAND

BEVESTIGING

Ds Johan Orsmond word op Sondag 22 Januarie 2017 in die NG gem Somerset-Oos, Oos-Kaap bevestig. Sy intreepreek is op Sondag 29 Januarie 2017. (Jolene du Plessis, gemeentebestuurder (14.12.2016).

VRYSTAAT

BEVESTIGING

Dr Jan de Man is as tentmaker op 4 Desember in die NG gem Viljoensdrif met handoplegging bevestiging. (Pieter de Bruyn, skriba, 06.12.2016).

GOUDLAND

BEVESTIGING

Op 1 Desember 2016 is emeritusleraar ds JW van Rooyen benoem as ouderling met opdrag bedie­ning vir die gemeente van die NG gem Groot Marico. (Chrisna Botha, skriba, 02.12.2016).

BEVESTIGING

Prop Philippus Rudolph Botha Grabe, is op 15 Januarie 2017 in die NG gem Quellerina bevestig. (Gerda Day, Saak, 14.12.2016).

KENNISGEWING

Hiermee gee ons vriendelik kennis dat ds Dewald du Toit nie meer leraar by die NG gem Lich­tenburg-Oos is nie, maar wel leraar by die NG gem Caledon. Ds Elizabeth Brunsdon is tans ons leraar. Prof Alfred Brunsdon is aflosprediker. (Corien Nel, Skriba, 09.01.2017).

NOORDELIKE SINODE

BEVESTIGING

Ds Anel Pienaar is op 1 Januarie 2017 as leraar in die NG gem Pta Dowes bevestig. (09.01.2017).

OOSTELIKE SINODE

EMERITAAT

Ds Henry van der Schyff het op 31 Desember 2016 emeritaat aanvaar. Ds Francois Retief het reeds tydens die sinodesitting van 26 November 2016 oorgeneem as Uitvoerende Ampte­naar. (Ds FJ Retief, Uitvoerende Amptenaar, 29.11.2016).

 

Vriende van Kerkbode

Ons benodig jou ondersteuning om ons digitale reikwydte te vergroot deur woord, video en die Kerkbode-podsending…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Kopiereg © Kerkbode 2025

Scroll to Top