Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Amptelike nuus, 3 Februarie 2017


Stuur Amptelike Nuus na Lida Viljoen by lida@tydskrifte.co.za

NG KERK

BEROEPE NA NG KERK-­GEMEENTES

BEROEP – Ds Janet Cruywagen van Lynnwoodrif na Valleisig; ds Johan Christiaan Dorfling van Vanderbijlpark-Sentraal na Robertson-Oos; prop Jacobus Johannes Eksteen na Rietbron; ds Marcell Ferdi Mey van Strand-Noord na die Presbite­riaanse gemeente in Wellington, Nieu-Seeland; ds Nioma Venter van Worcester is beroep as Predikant in Sinodale Diens (PSD): SKDB (Sinodale Diensgroep vir Diaconia): Sinode van Wes-Kaapland.

AANVAAR – Ds Johan Christiaan Dorfling van Vanderbijlpark-Sentraal na Robertson-Oos; ds Louis Fourie van Valhalla na Marble Hall; ds Marcell Ferdi Mey van Strand-Noord na die Presbite­riaanse gemeente in Wellington,
Nieu-Seeland.

WES-KAAPLAND

BEVESTIGING

Ds Johan Christiaan Dorfling word op 23 April 2017 in die NG gem Robertson-Oos bevestig. (Ds Francois Herselman, RS, 09.01,2017).

KWAZULU-NATAL

EMERITAAT

Ds MCE Dames, leraar van die NG gem Utrecht, het op 31 Desember 2016 geëmeriteer. Hy het sy akte van demissie ontvang op Saterdag, 26 November 2016.

GOUDLAND

BEVESTIGING

Ds Quintin Nel word as leraar in die NG gem Ma­kwassie om 10:00 op 29 Januarie 2017 bevestig.

BEVESTIGING

Ds Phillip Coetzee is op 1 Februarie 2017 as leraar van die NG gem Brackenhurst bevestig. Sy intreepreek is op 12 Februarie 2017.

NOORDELIKE SINODE

EMERITAAT

Dr JA (Kobus) Small van die NG gem Petronella emeriteer op 26 Februarie 2017. (Ds Heinrich Stapelberg, RS, 24.01.2017). 

HOËVELD SINODE

EMERITAAT

Ds NG Sennet het op 29 Januarie demissie van die NG gem Benoni-Oos ontvang na verstryking van sy vastetermynpos. (Ds PM Strydom, Konsulent, 24.01.2017).

OOSTELIKE SINODE

BEVESTIGING

Prop Nico Smit is op 23 November 2016 as vaste­termynpos leraar in die NG gem Lynnwoodrif be­vestig. Sy intreepreek was op Sondag, 22 Janua­rie 2017.

EMERITAAT

Ds Albert Venter van die NG gem Marble Hall emeriteer aan die einde van Februarie 2017. Hy lewer sy afskeidspreek op 26 Februarie 2017.

EMERITAAT

Ds Piet Marais van die NG gem Valleisig emeriteer op 28 Februarie 2017. Sy afskeidspreek is op 19 Februarie 2017. (Johann Vermeulen, Gemeentebestuurder).

Vriende van Kerkbode

Ons benodig jou ondersteuning om ons digitale reikwydte te vergroot deur woord, video en die Kerkbode-podsending…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Kopiereg © Kerkbode 2025

Scroll to Top