Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Wat sê die Bybel oor die huwelik?

Wat is ’n Bybelse verstaan van die huwelik?

(Net) een man en een vrou? Wat van die Ou Testament se vele vroue en een man – of is dit slegs die Nuwe-Testamentiese (Romeinse) manier van net een vrou per man wat Bybels is?

Mag geskeides weer trou of geld die eerste huwelik vir ewig? Is enkelouer- of saamgestelde gesinne ’n gesin? En wat daarvan as daar geen kinders is nie?

Is seksualiteit of intimiteit net deel van die huwelik en is ’n huwelik sonder seks ’n huwelik? Is die bevestiging van ’n huwelik ’n kulturele, kerklike of staatsregtelike aktiwiteit?

Dit is die soort vrae wat op 21 en 22 Februarie bespreek gaan word op ’n konferensie wat die NG gemeente Raslouw in Pretoria aanbied. Verskeie sprekers gaan kyk na Ou- en Nuwe-Testamentiese gegewens en na die huidige stand van sake wat die kerk, reg en kultuur betref.

Predikante kan 11 VBO-krediete verwerf. Dit kos R500 om die konferensie by te woon en dit sluit twee middagetes en ses teetye in. Besprekings kan gedoen word en navrae kan by raslouw3@mweb.co.za gerig word.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top