Stuur Amptelike Nuus na Lida Viljoen by lida@tydskrifte.co.za
NG KERK
BEROEPE NA NG KERK-GEMEENTES
BEROEP – Ds Willem Hendrik Boshof Müller van Op-die-Berg na Aurora; ds Marius Swart van Nelspruit-Westergloed na Klerksdorp-La Hoff.
AANVAAR – Ds Willem Hendrik Boshof Müller van Op-die-Berg na Aurora; ds Phillip Coetzee van Vryburg-Wes na Brackenhurst; ds Willem Petrus (WP) du Plessis van Edenburg na Goudini; ds Adri la Grange van Christiana na Klerksdorp-Oos; dr Rudolph Oosthuizen na Fort Beaufort met opdrag: Lektor Fort Hare.
WES-KAAPLAND
DEMISSIE
Ds AJ Jacobs het op 31 Januarie 2017 demissie by die NG gem Aurora aanvaar. Sy afskeidspreek was op Sondag, 22 Januarie 2017. (M Coetzee, Skriba, 14.02.2017).
BEVESTIGING
Ds WH Boshoff Müller is op Sondag, 5 Februarie 2017, in die NG gem Aurora bevestig. Sy intreepreek was op Sondag, 5 Februarie 2017. (M Coetzee, Skriba, 14.02.2017).
BEVESTIGING
Ds Willem Petrus (WP) du Plessis word op 12 Maart 2017 in die NG gem Goudini bevestig. (Ds André O’Kennedy, RS, 31.01.2017).
OOS-KAAPLAND
BEVESTIGING
Dr Barend Jacobus van Tonder (Ben) is op Sondag, 15 Januarie 2017, as leraar van die NG gem Graaff-Reinet (Grootkerk) bevestig. (Ds Abe Beyers, RS, 03.02.2017).
BEVESTIGING
Ds Jakobus Johannes Eksteen is op Sondag, 29 Januarie 2017, as leraar van die NG gem Rietbron bevestig. (Ds Abe Beyers, RS, 03.02.2017).
BEVESTIGING
Dr Rudolph Oosthuizen word op 26 Februarie 2017 as leraar van die NG gem Fort Beaufort bevestig met opdrag: Lektor Fort Hare. (Letsie van Eyk, Skriba, 16.02.2017).
DEMISSIE
Ds André Janse Louwrens het op Sondag, 19 Februarie 2017, demissie by die NG gem Murraysburg ontvang.
EMERITAAT
Ds EGJ de G Schutte van die NG gem Cradock-Oos emeriteer op 28 Februarie 2017. Sy akte van emeritaat sal op 26 Februarie 2017 aan hom oorhandig word. (Japie Taljaard, RS, 16.02.2017).
VRYSTAAT
EMERITAAT
Ds Willie van Zyl het sy afskeidspreek op 19 Januarie 2017 by die NG gem Reddersburg gelewer. Daarmee ontvang hy ook emeritusstatus.
SINODEVERGADERING
Die drie-en-vyftigste vergadering van die Sinode van die NG Kerk Vrystaat, word vanaf Sondagmiddag 11 Junie tot Donderdag 15 Junie 2017, op die gronde van NAMPO buite Bothaville gehou.
HOËVELD
BEVESTIGING
Ds Phillip Coetzee is op Sondag, 12 Februarie, as leraar in die NG gem Brackenhurst bevestig. (Annemarie Venter, Skriba/Saak).
OOSTELIKE SINODE
BEVESTIGING
Ds Janet Cruywagen word op 12 Maart 2017 in die NG gem Valleisig bevestig. (Johann Vermeulen, NG gem Valleisig, 03.02.2017).
ALGEMEEN
E-POSADRESVERANDERING
Neem asb kennis dat ds R Nel se e-posadres verander het van rheniernel@telkomsa.net na Degraafklerksdorp@gmail.com