Die moderatuur van die Algemene Sinode het vir dr Dewyk Ungerer gevra om waar te neem as aktuarius van die Algemene Sinode. Ungerer staan in vir prof Johan van der Merwe.
Van der Merwe sê hy moes in Januarie ’n noodrugoperasie ondergaan, en hy is tans besig met verdere behandeling.
Hy hoop om in Maart weer sy volledige pligte te hervat. Dit sal afhang van hoe die behandeling vorder en hoe hy daarop reageer.
Ungerer is die huidige moderator van die Noordelike Sinode. Hy was vroeër aktuarius van die Noordelike Sinode, dien reeds sedert 2005 op die Algemene Taakspan Regte en het ’n LLB-graad agter sy naam.
Geborg
