Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Verskeie gesprekke oor groter eenheid kom

Die NG Kerk gaan binnekort met verskeie ander kerke gesprekke voer oor groter samewerking en groter eenheid.

Die Algemene Sinodale Moderamen (ASM) het op sy vergadering in Kempton Park die groen lig daarvoor gegee, nadat die moderatuur gerapporteer het oor die moontlikhede daartoe.

Een so ʼn gesprek word einde April tussen die moderature van die NG Kerk en die Verenigende Gereformeerde Kerk gevoer nadat albei kerke se Algemene Sinodes ʼn tussenorde tussen die twee kerke goedgekeur het. Dit bied die regsraamwerk waarvolgens gemeentes, ringe en selfs sinodes van die twee kerke wat dit wil doen, met mekaar kan verenig.

In Julie gaan die moderature van de NG Kerk en die Hervormde Kerk mekaar ook ontmoet om te werk aan groter eenheid tussen die twee kerke. Die NG Kerk en Hervormde Kerk werk reeds op verskeie fronte nou saam. Dit sluit in die teologiese opleiding in Pretoria, gesamentlike bediening op plekke (onder meer in Zimbabwe en Zambië) waar afsonderlike gemeentes nie meer lewensvatbaar is nie, en die oor en weer beroeping van predikante.

Daar word ook gesprekke in die vooruitsig gestel met die Verenigende Presbiteriaanse Kerke, nadat dié kerk vroeër in ʼn brief gevra het vir ʼn gesprek oor groter eenheid tussen dié twee kerke.

Daarby het die AS ook goedgekeur dat die NG Kerk lid word van die Church Unification Commission (CUC). Die huidige lidkerke is die Verenigende Presbiteriaanse Kerk, die Anglikane, Metodiste en Congregational Kerk. Die CUC het dit reeds goedgekeur dat die NG Kerk ook lid word, maar dit moet nog deur die lidkerke goedgekeur word. Die CUC reël onder meer gesamentlike bedieninge op plekke waar afsonderlike bedieninge nie moontlik is nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top