Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Amptelike nuus, 17 Maart 2017


Stuur Amptelike Nuus na Lida Viljoen by lida@tydskrifte.co.za

NG KERK

BEROEPE NA NG KERK-­GEMEENTES

BEROEP – Ds Gert Andries Agenbag van Sonstraal na Durbanville; ds Adriaan Francois de Necker Vogel van Delmas na Daniëlskuil; ds Doret Niemandt na Valleisig; prop CJ Schoeman van Randfontein na NG gem Marquad; prop Ian Stanton na Welbekend.
AANVAAR: Ds Pieter Cockerman na Hanover; prop Ian Stanton na Welbekend; ds Rocco de Ville van Niekerk van Dalunie na Klerksdorp-La Hoff.

WES-KAAPLAND

EMERITAAT

Ds Almo Johann Zietsman van die NG gem Robertson-Oos emeriteer op 31 Maart 2017. Sy akte van emeritaat word op 26 Maart 2017 aan hom oorhandig.

BEVESTIGING

Ds Pieter Cockerman is op 24 Februarie 2017 in die NG gem Hanover bevestig. (Ds NB Roux, RS, 17.02.2017).

Ds Johannes Christiaan Dorfling word op 23 April 2017 in die NG gem Robertson-Oos bevestig. (S van Rensburg, Skriba, 27.02.2017).

NOORD-KAAP

BEVESTIGING

Ds MF Scholly is op 5 Maart 2017 in die NG gem Delportshoop bevestig. Sy intreepreek was op 5 Maart 2017. (C Joubert, 27.02.2017).

GOUDLAND

BEVESTIGING

Ds Francis Burger word op 26 Maart 2017 om 09:00 in die NG gem PUK-Kandelaar as leraar bevestig. Die geleentheid sal by die NG gem Potchefstroom-Die Bult plaasvind wat waargeneem sal word deur Susan-Marie Benadé. (Ds Sanré Benadé, Leraar, 06.03.2017).

NOORDELIKE SINODE

BEVESTIGING

Prop Marian Jordaan is op 12 Februarie 2017 as leraar met ‘n vastetermynpos in die NG gem Pietersburg-Noord bevestig met handoplegging. (Ds JM Bezuidenhout, 23.02.2017).

HOËVELD SINODE

BEVESTIGING

Prop Ian Stanton is op 5 Maart 2017 in die NG gem Welbekend met handoplegging bevestig. (AM van Wyk, Pastorale Hulp ns Saakgelastigde, 27.02.2017).

Vriende van Kerkbode

Ons benodig jou ondersteuning om ons digitale reikwydte te vergroot deur woord, video en die Kerkbode-podsending…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Kopiereg © Kerkbode 2025

Scroll to Top