Gemeentes, organisasies en individue het Kerkbode se 2016-Kersfonds se spaarvarkie met R220 635,72 gevul. Dit is meer as die 2015 Kersfonds se R206 805,12. Baie dankie!
Die 2016-Kersfonds het op 28 Februarie 2017 gesluit. Die opbrengs daarvan beteken dat 42 kinderhuise vanjaar elkeen sowat R5 200 ontvang.
Een van die kenmerke van die fonds is dat geen administrasiefooie gehef word nie en dat die totale bedrag wat ingesamel word, onder kinderhuise van die NG Kerkfamilie gedeel word.
Die grootste bydrae is steeds R12 287,58 van die NG Kerk in SA (Sinode Wes-Kaap) met R7 785 van die NG gemeente Clanwilliam as die tweede grootste bydrae.
Ons wil graag die volgende gemeentes en individue bedank vir die laaste bydraes want ons ontvang het: R Brand, FJ de Vries, HJ en AC van der Merwe, en die NG gemeentes Petrusburg, Aliwal-Noord, Stellenbosch-Noord, Allanridge, Riviersonderend, Bothasrus, Sanddrift, en Ceresvallei.
Bydraes vir die 2017-Kersfonds is nou welkom en Kerkbode wil graag gemeentes aanmoedig om betyds ’n spesiale kollekte vir dié Kersfonds op hulle kalender te skeduleer.
