Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Amptelike Nuus, 21 April 2017


Stuur Amptelike Nuus na Lida Viljoen by lida@tydskrifte.co.za

NG KERK

BEROEPE NA NG KERK-­GEMEENTES

BEROEP – Ds MC Barnard van Bloemfontein na Hofmeyr in ’n deeltydse vastetermynpos; ds Theunis Botha van Stellenbosch-Welgelegen is beroep as Predikant in Sinodale Diens (PSD): Predikante­begeleiding (Wes-Kaapland); ds JC Dippenaar (emeritus) van Bloemfontein na Bethulie; prop Johannes Marius Janse van Rensburg na Retief; ds Andreas Johannes van Rooyen van Barberton na Boshof; dr Willem J Wiid van Bergbron na Fort Beaufort.

AANVAAR: Ds Hennie Burden van Lutzville na Laaiplek; prop Johannes Janse van Rensburg na Retief (Despatch) met ingang 1 Mei 2017; ds Edwin van Wyk van Middelvlei na Randpoort; ds Adriaan Francois de Necker Vogel na Daniëlskuil; dr Willem J Wiid van Bergbron na Fort Beaufort.

WES-KAAPLAND

BEVESTIGING

Prop Ruben Scheepers is op 26 Maart 2017 as deeltydse predikant (tentmaker) in die NG gemeente Stellenbosch (Moedergem) bevestig met handop­legging. Sy opdrag is Gemeenskapsbe­diening. (Johan van der Merwe, 28.03.2017).

OOS-KAAPLAND

BEVESTIGING

Dr Willem J Wiid word op 7 Mei 2017 om 9:00 in die NG gemeente Fort Beaufort bevestig. (Niko du Toit, Brugleraar, 15.03.2017).

Dr R de W Oosthuizen is op 19 Maart 2017 georden en bevestig op Fort Beaufort as leraar met opdrag lektor Fort Hare. (Niko du Toit, Brugleraar, 20.03.2017).

NOORD-KAAPLAND

BEVESTIGING

Prop Lambert Johannes Enslin is op 5 Maart 2017 in die NG gemeente Dutoitspan (as 2/3de pos tentmaker) bevestig. Sy intreepreek was op Sondag 5 Maart 2017. (Ilsé Retief, Skriba, 07.03.2017).

Ds Adriaan Francois de Necker Vogel word op Saterdag 22 April 2017 in die NG gem Daniëlskuil bevestig. Sy intreepreek vind plaas op Sondag 23 April 2017.

VRYSTAAT

BEVESTIGING

Ds AJ van Rooyen word op 7 Mei 2017 in die NG gem Boshof bevestig en lewer ook dan sy intreepreek. (Elsa Brooks, 30.03.2017).

RINGSVERGADERING

Die Ring van Winburg se 78ste gewone ver­ga­dering vind plaas op Maandag 24 April te Theunissen-Wes om 08:45.

GOUDLAND

BEVESTIGING

Ds Adri la Grange is op 25 Maart 2017 as leraar van die NG gem Klerksdorp-Oos bevestig. Haar intreepreek was op Sondag 26 Maart 2017. (Marinda Horn, Skriba, 29.03.2017).

EMERITAAT

Ds Johann Botha van die NG gemeente Klerksdorp-Oos emeriteer aan die einde van April 2017. Hy lewer sy afskeidspreek op 23 April 2017. (Marinda Horn, Skriba, 29.03.2017).

NOORDELIKE SINODE

EMERITAAT

Ds LJ van Heerden van NG Rietfontein-Suid emeriteer op 30 Junie 2017. Sy akte van emeritaat sal DV op 25 Junie aan hom oorhandig word. (Elna du Plessis, Skriba, 10.03.2017).

BEVESTIGING

Ds LJ van Heerden is beroep in ’n vastetermynpos (vir 3 jaar) by NG Rietfontein-Suid, met ingang 1 Julie 2017. Sy bevestiging en intreepreek vind DV plaas op 25 Junie 2017. (Elna du Plessis, Skriba, 10.03.2017).

OOSTELIKE SINODE

BEVESTIGING

Ds Janet Cruywagen is op Sondag, 12 Maart 2017, by Valleisig gemeente bevestig. (Johann Vermeulen, gemeentebestuurder, 13.03.2017).

Ds Doret Niemandt is op Sondag, 12 Maart 2017 by Valleisig gemeente bevestig. (Johann Vermeulen, gemeentebestuurder, 13.03.2017).

Vriende van Kerkbode

Ons benodig jou ondersteuning om ons digitale reikwydte te vergroot deur woord, video en die Kerkbode-podsending…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Kopiereg © Kerkbode 2025

Scroll to Top