Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.
Ina Opperman, regisseur van Uit diep van donker nagte, skryf:
Ons erken dat ons ons skeppende talent van die Here ontvang en dat ons Hom moet verheerlik met ons kuns. In dieselfde gesindheid en geloof word die beplanning van Uit diep van donker nagte, ʼn Reformasie 500-feesproduksie, aangepak. Ons wil oud en jonk besiel en meesleur deur hierdie kragtige wolk van getuienis wat die eeue oorspan; elke gelowige oproep om die heerlike verlossingswerk van Christus te besing! Vir dié produksie is ons op soek na talent wat die volgende rolle kan vertolk: Guido de Bres, Koning Frans 1, Calvyn, Hugenote, soldate en lenige jong mans wat plakkaataankondigings sal doen. Vir vertellers is ons op soek na manlike koorsangers en vroulike stemkunstenaars. Ons benodig ook ʼn gelowige Vendagesin/Sothogesin/Tswanagesin/Zoeloegesin en ʼn gelowige Indiese gesin en Koreaanse of Chinese gesin. Die finale oudisies sal van 4 tot 6 Mei in Centurion plaasvind. Kontak Ina by 082 887 4046 of Louise by 082 576 0692.
