Stuur Amptelike Nuus na Lida Viljoen by lida@tydskrifte.co.za
NG KERK
BEROEPE NA NG KERK-GEMEENTES
BEROEP – Ds Francois Herselman van Ashton na Parow-Panorama; ds Cornelius Petrus Momberg na Grootvlei; prop Schalk Treurnicht na Die Gemeente met Oop Deure (Heidekoppie).
AANVAAR – Ds Gert Andries Agenbag (André) van Sonstraal na Durbanville; prop Lenois Stander na Suider-Paarl; prop Schalk Treurnicht na Die Gemeente met Oop Deure (Heidekoppie).
WES-KAAPLAND
BEVESTIGING
Ds Gert Andries Agenbag (André) van NG gem Sonstraal is tydens ’n kerkraadsvergadering gehou op 21 Februarie 2017, beroep na NG Gemeente Durbanville. Bevestigingsdatum is op 7 Mei 2017. (Jackie Pretorius, Bestuurder: Steundienste, 20.04.2017).
Prop Lenois Stander is op 23 April 2017 met handoplegging in die Suider-Paarl gem as tentmaker-predikant bevestig. (Madeleine Fourie, 24.04.2017).
BEVESTIGING
Prop Schalk Treurnicht word op 14 Mei 2017 in ’n termynbepaalde pos (as deel van die internskapprogram van die sinode) in Die Gemeente met Oop Deure bevestig. Hy lewer sy intreepreek om 08:30 by dieselfde erediens. (Anton Roux, RS, 25.04.2017).
EMERITAAT
Ds Jan van Heerden ontvang op 31 Mei 2017 sy Akte van demissie by emeritaat by die NG gem Vishoek. Hy sal voortgaan met sy bediening onder ‘n vastetermyn-kontrak vir die volgende drie jaar. (Ds Martin Barnard, Voorsitter van Kerkraad, 10.04.2017).
VRYSTAAT
BEVESTIGING
Ds FUO Ohlhoff is op 14 Januarie 2017 in die NG gem Harrismith bevestig. (JT Kemp, RS, 24.04.2017).
Ds Christoffel Johannes Schoeman is op 21 April 2017 om 18:00 in die NG gem Marquard bevestig. Ds AW Rothmann het die bevestiging waargeneem. (Daleen Henning, 24.04.2017).
RINGSVERGADERING
Die 78ste vergadering van die Ring van Harrismith vind plaas te Warden op Maandag 15 Mei 2017.
GOUDLAND
BEVESTIGING
Ds Edwin van Wyk se bevestiging en intreepreek vind op 7 Mei 2017 in die NG gem Randpoort plaas. Die bevestiging word waargeneem deur ds Nico van Rensburg van Helikonpark. Die verrigtinge sal begin om 10:30. (Nic Saaiman, 20.04.2016).