Stuur Amptelike Nuus na Lida Viljoen by lida@tydskrifte.co.za
NG KERK
BEROEPE NA NG KERK-GEMEENTES
BEROEP – Dr Hannes Ries van Kerkenberg, Harrismith na Montagu; ds Ettienne Engelbrecht van Drie Riviere-Oos, Vereeniging na Aliwal-Noord; ds DAR (Dawid) Venter van Zesfontein na Vergelegen.
AANVAAR – Prop Jandré Viljoen na Kuilsrivier-De Eike.
WES-KAAPLAND
EMERITAAT
Dr HL Fouché van die NG Kerk Stellenbosch-Welgelegen het sy Akte van Demissie by Emeritaat op 23 Mei 2017 tydens ’n kerkraadsvergadering ontvang en dit is geldig vanaf 30 Junie 2017. Dr Fouché se afskeidspreek in die gemeente is op 25 Junie 2017. (Ds Leon Cronje, RS, 05.06.2017).
VRYSTAAT
EMERITAAT
Ds Theo Oosthuyzen (NG Senekal) het sy Akte by Demissie van Emeritaat op 31 Mei 2017 ontvang. (HGvZ Smit, RS, 02.06.2017).
BEVESTIGING
Die Kuratorium van die NG Kerk in die Vrystaat het dr HC van der Westhuizen beroep in die akademiese pos as kerklike dosent in Gereformeerde Teologie aan die Fakulteit Teologie by die Universiteit van die Vrystaat. Hy is deur die Kuratorium bevestig op 28 Mei 2017. Die plegtigheid het in die Studentekerk plaasgevind. (JT Kemp, Skriba: Kuratorium, 06.06.2017).
GOUDLAND
EMERITAAT
Prof Jan du Randt van Quellerina het op 23 April 2017 geemeriteer. (Wicus van der Merwe, Jeugleraar, 13.06.2017).
EMERITAAT
Ds SJ le Roux van Kloofendal emeriteer op 28 Junie 2017. (Wicus van der Merwe, Jeugleraar, 13.06.2017).
NOORDELIKE SINODE
EMERITAAT
Ds Gert Badenhorst emeriteer op 30 Junie 2017 en ontvang sy Akte van Demissie by Emeritaat op 25 Junie 2017. (Paullet Grobler, RS, 12.06.2017).
EMERITAAT
Ds Leon van Heerden van Rietfontein-Suid, Ring van Sentraalmoot, emeriteer einde Junie 2017. Sy Akte van Demissie by Emeritaat sal op Sondag, 25 Junie aan hom oorhandig word. (Paullet Grobler, RS, 12.06.2017).
