Stuur Amptelike Nuus na Lida Viljoen by lida@tydskrifte.co.za
NG KERK
BEROEPE NA NG KERK-GEMEENTES
BEROEP – Ds Pieter Berrangé van Bergsig, Rustenburg na Monumentpark-Wes; ds MC Engelbrecht van Villiersdorp na Die Gemeenskapkerk / The Community Church, Sunningdale; ds Andrew Esterhuizen van VGK Kraaifontein na NG gem Touwsrivier; ds Veneto Keyter van Port Elizabeth na Sondagsriviermond; ds Pieter Jan Oberholzer, afgetrede kapelaan, na Kenhardt; ds DAR (Dawid) Venter van Zesfontein na Vergelegen.
AANVAAR – Ds Pieter Berrangé van Bergsig, Rustenburg na Monumentpark-Wes; ds LJ van Heerden na Rietfontein-Suid.
WES-KAAPLAND
BEVESTIGING
Hiermee gee die Ring van Wynberg kennis van die bevestiging van ds Willie Viljoen as brugleraar in die NG gem Rondebosch. Die bevestiging vind plaas op 6 Augustus 2017 tydens die oggenddiens. Ds Viljoen begin egter al met sy werk in die gem op 16 Julie 2017. (Jan van Heerden, Skriba, 29.06.2017).
EMERITAAT
Ds Nico Grobler van die NG gem Touwsrivier het sy akte van demissie by emeritaat ontvang tydens ’n erediens op 30 April 2017. (Ds Danie le Roux, Skriba, 25.06.2017).
NOORD-KAAPLAND
BEVESTIGING
Ds Leonie Pistorius is op 2 Julie 2017 in die NG gemeente Louisvale bevestig. (Antoinette Carstens, Skriba, 20.07.2017).
KWAZULU-NATAL
EMERITAAT
Ds HJ van den Heever van die NG gem Empangeni het sy Akte van Demissie by Emeritaat ontvang op 25 Junie 2017. Dit is geldig vanaf 30 Junie 2017. Sy afskeidsgeleenthede was op 23 en 24 Junie 2017. Sy afskeidspreek was op 25 Junie 2017. (Deseré de Beer, Ringskriba, 19.06.2017).
GOUDLAND
EMERITAAT
Prof Jan du Rand van NG gem Quellerina het op 23 April 2017 geëmeriteer.
Ds SJ le Roux van NG gem Kloofendal het op 28 Junie 2017 geëmeriteer.
NOORDELIKE SINODE
EMERITAAT
Ds LJ van Heerden van NG gem Rietfontein-Suid het op 25 Junie 2017 sy Akte van Demissie by emeritaat ontvang, met ingang van 30 Junie 2017. (Elna du Plessis, Skriba, 04.07.2017).
BEVESTIGING
Ds LJ van Heerden het die beroep in die vastetermynpos (3 jr) by NG gem Rietfontein-Suid aanvaar (met ingang van 1 Julie 2017). Sy bevestiging en intreepreek het op 25 Junie 2017 plaasgevind. (Elna du Plessis, Skriba, 04.07.2017).
Ds Pieter Berrangé word op 6 Augustus 2017 in die NG gem Monumentpark-Wes bevestiging. (Lee-Anne Bisschoff, Skriba,18.07.2017).
KENNISGEWING
Capital Park-Oos en Capital Park het saamgesmelt op 22 Junie 1997 en staan nou bekend as Capital Park-Concordia. Ons gemeente het dus op Sondag 25 Junie 2017 sy 20ste verjaarsdag gevier as Capital Park-Concordia gemeente. (Toetie Visagie, Saakgelastigde, 20.06.2017).
RINGSVERGADERING
Die 55ste vergadering van die Ring van Piet Potgietersrust vind plaas op 7 Augustus 2017 te Roedtan. (Ds PH Venter, Ringskriba, 29.06.2017).
HOËVELD
EMERITAAT
Ds DAR Venter van Zesfontein het op 30 Junie 2017 demissie, met die oog op emeritaat, ontvang. Hy het op 25 Junie 2017 afskeid geneem. (Ds Charl Oosthuizen, Ringskriba, 25.06.2017).
BEVESTIGING
Ds Johannes Hendrik Barnard is op 9 Julie 2017 in die NG gemeente Presidentsoord bevestig. Sy intreepreek is op 6 Augustus 2017 om 09:00. (Letitia Minnie, Saakgelastigde, 19.07.2017).
KENNISGEWING
Kennisgewing van die 30ste vergadering van die Ring van Birchleigh. Die vergadering sal gehou word op 5 Augustus 2017 by die gem Birchleigh-Noord. (Christo Brümmer, Ringskriba, 27.06.2017).
VERENIGENDE GEREF KERK
BEVESTIGING
Ds AJ de Mist van Zijl, voorheen van VGKSA George, is op 9 Julie 2017 bevestig as die leraar van die gem VGKSA Die Hoogtes (Ds JM Louw, 05.07.2017).
