Stuur Amptelike Nuus na Lida Viljoen by lida@tydskrifte.co.za
NG KERK
BEROEPE NA NG KERK-GEMEENTES
BEROEP – Ds Stefan Malan van Drie Riviere, Vereeniging na Empangeni.
AANVAAR: Ds MC Engelbrecht van Villiersdorp na Die Gemeenskapkerk/The Community Church, Sunningdale; ds Jacques Myburgh na Noordoos-Pretoria.
WES-KAAPLAND
BEVESTIGING
Ds Francois Jacobus Herselman word op 13 Augustus 2017 in die NG gem Parow-Panorama bevestig deur sy suster, ds Rene Potgieter van Gamkavallei. Ds Herselman het egter reeds op 1 Augustus 2017 met sy werk in die gemeente begin. (Mariana Botha, Skriba, 25.07.2017).
RINGSVERGADERING
Kennis geskied hiermee van ‘n vergadering van die Ring van Knysna op Maandag, 11 September 2017, te George-Denneoord gemeente. (GF Volschenk, 26.07.2017).
NOORD-KAAP
RINGSVERGADERING
Neem asb hiermee kennis van die 49ste gewone sitting van die Ring van Namakwaland wat op Sondag 20 Augustus en Maandag 21 Augustus 2017, by die Gariesgemeente op Garies plaasvind. (Ds Nadine Maletzki, Ringskriba, 02.08.2017).
KWAZULU-NATAL
RINGSVERGADERING
Kennis geskied hiermee van die 60ste vergadering van die Ring van Vryheid op Sondag 20 Augustus 2017 om 12:00 te Vryheid-Moedergemeente. (Ds JH Hattingh, Ringskriba, 02.08.2017).
GOUDLAND
RINGSVERGADERING
Die 79ste vergadering van die Ring van Lichtenburg vind plaas op Maandag 4 September 2017 om 8:30 by die NG Gemeente Coligny-Oos. (Ds Ben Botha, Ringskriba, 02.08.2017).
NOORDELIKE SINODE
BEVESTIGING
Ds Gert Els word op 13 Augustus 2017 as tentmaker: met opdrag Imago Dei, in die NG gemeente Marikana bevestig. (Sandra, Saak, 31.07.2017).
RINGSVERGADERING
Die 30ste gewone vergadering van die Ring van Sesmylspruit vind op 21 tot 22 Augustus 2017 (vanaf 18:30) by die NG gem Rooihuiskraal plaas. (Dr DB de Vos, Ringskriba, 24.07.2017).
BEVESTIGING
Ds Jacques Myburgh word op 6 Augustus 2017 in die NG gem Noordoos-Pretoria bevestig. (Piet Theron, 25.07.2017).
OOSTELIKE SINODE
RINGSVERGADERING
Die 55ste gewone vergadering van die Ring van Barberton vind DV plaas op 30 tot 31 Julie 2017 te Makarios (Komatipoort). (Johannes van der Merwe, Ringskriba, 21.07.2017).
