Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Só werk die Here

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Ds Rudolph Scharneck van Greytown skryf:

Ek het ’n paar maande gelede ’n weeklikse nuusbrief in ons gemeente begin. Een van die afdelings in die nuusbrief is ’n stukkie oor waar ek die Here sien werk in ons omgewing. Dit het my uitgedaag om my oë oop te maak en te sien waar die Here in die alledaagse dinge werk. En daar is ’n oorvloed om raak te sien.

Ek het meer as een maal gesien hoe gelowiges saam­trek rondom iemand wat baie siek is en die persoon in die hospitaal besoek, kos vir die familie aandra en op baie ander maniere ondersteun.

Iemand wat teen kanker geveg het en uiteindelik oorlede is, kon moedig en hoopvol bly in die vaste ge­loof dat die Here vir haar krag gee en naby is regdeur haar tyd van swaarkry. Dit is bevestig deur mense wat haar ondersteun het.

Ek het gesien hoe mense van totaal verskillende ag­tergronde en sosiaal-ekonomiese omstandighede saam om ’n tafel sit en heerlik kuier oor ’n ete, hoe ’n va­kansieoord soos ATKV Drakensville hulle hart oop­maak vir ’n klompie kinders van die Greytown-kin­derhuis en hulle vir ’n naweek bederf, hoe kerkgroe­pe jaarliks van die Kaap af kom om behoeftige mense in die arm areas buite die dorp deur die Msinga Fel­low­ship te bedien en regdeur die jaar geestelike wer­kers in die gemeenskappe finansieel ondersteun. Hoe lidmate se harte oopgaan vir ander lidmate wat in ’n fi­nansiële krisis verkeer en op wonderlike maniere rea­geer op die oproep tot hulp.

Hierdie is maar ’n paar voorbeelde van hoe die Here deur sy mense in ander se lewens werk in ’n klein dorpie soos Greytown. Dit laat ’n mens weer hoop kry vir die kerk, maar dit laat ’n mens ook weer besef hoe belang­rik ’n plaaslike gemeente is.

Ons moet dit net weer begin raaksien. Die Here werk waarlik deur sy kerk.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top