Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Amptelike nuus, 8 September 2017

Stuur Amptelike Nuus na Lida Viljoen by lida@tydskrifte.co.za

NG KERK

BEROEPE NA NG KERK-­GEMEENTES

BEROEP – Prop Leon Durie na Bellville-Oos as tentmaker; ds Pieter Nel van Warden na Port Elizabeth-Hoogland.

AANVAAR – Ds Piet Fourie van Bethlehem-Panorama na Sasolburg-Tuinedal.

WES-KAAPLAND

RINGSITTING

Neem asb hiermee kennis van die 40ste gewo­ne sitting van die Ring van Swartland wat op 3 Sep­tember 2017 by die NG gem Swartland-Noord plaasgevind het. (Ds Friedrich Claassen, RS, 23.08.2017).

Die 91ste gewone vergadering van die Ring van Clanwilliam word gehou op 10 en 11 September 2017 by die VCSV-Kampterrein te Strandfontein. (Daniel van Zyl, RS, 29.08.2017).

OOS-KAAPLAND

BEVESTIGING

Ds Veneto Keyter, voorheen leraar in Kraggakamma, is op 20 Augustus as tentmaker bevestig in die NG gem Sondagsriviermond.  Die bevesti­ging is waargeneem deur ds DW Mouton. (Danie Nel, RS, 22.08.2017).

NOORD-KAAPLAND

RINGSITTING

Neem asb hiermee kennis van die 80ste gewone ringsitting van die Ring van Griekwastad wat op Sondag, 3 September 2017, en Maandag, 4 September 2017, by die NG gem Delportshoop te Delportshoop plaasgevind het. (Janetta du Preez, RS, 21.08.2017).

VRYSTAAT

BEVESTIGING

Dr Dawie Botes het die beroep na Welkom-Wes aanvaar. Sy bevestiging is Saterdagaand, 7 Oktober 2017 om 18:30 en sy intreepreek vind op Sondag­oggend, 8 Oktober 2017 om 09:00 plaas. (Dries Cronjé, Skriba, 28.08.2017).

HOËVELD

BEVESTIGING

Ds Corrie Greeff is op 6 Augustus 2017 bevestig as nuwe leraar by die NG gem Mooifontein. (Erika Burger, Skriba, 21.08.2017).

REGSTELLING

Bevestiging van ds Johann Barnard (nie Burger soos voorheen geplaas) het plaasgevind op Son­dag 6 Aug 2017 om 09:00 te NG Kerk Presidents­oord, Springs. Die bevestiging is waargeneem deur die moderator, dr Hugo van der Linde. (Letitia Minnie, Saakgelastigde, 07.08.2017).

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top