Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

95 stellings in Afrikaans

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Ds Petrus Kriel van Levubu skryf:

Ek het die 95 stellings van Luther in Afrikaans vertaal vir die 500-jarige herdenking van die Reformasie. Dit is na ons wete die eerste en enigste volledige Afrikaan­se vertaling van hierdie stellings.

Ons kerkraad wil graag NG gemeentes daarop wys dat hierdie vertaling gratis beskikbaar is vir almal en dat hulle dit sonder enige koste van die internet kan afhaal en na goeddunke mag kopieer en versprei net solank ds Kriel as vertaler op die dokument erken word.

Ons het gedink dat dit goed kan wees dat lidmate dit op die net kan lees en dat kerkrade dit ook vir die fees van 31 Oktober kan versprei as Reformasiegeskenk aan lidmate. Dit is ironies dat ons hierdie fees vier, maar dat feitlik geen lidmaat nog ooit self die 95 stel­lings gelees het nie.

Dit is beskikbaar by ngkerklevubu.co.za onder die skakel “Luther”.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top