Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Amptelike nuus, 22 September 2017

Stuur Amptelike Nuus na Lida Viljoen by  lida@tydskrifte.co.za

NG KERK

BEROEPE NA NG KERK-­GEMEENTES

BEROEP – Prop Tilana Meyer-Mor­kel na Paarl-Vallei; prof Jo­han van der Merwe van Pretoria-Garsfontein na Lynnwoodrif; ds JJ van Eyssen van Willowmore na Edenburg; ds Adriaan van Ton­der van Oudtshoorn-Wel­ge­luk na Aliwal-Noord.

WES-KAAPLAND

RINGSVERGADERING

Die 123ste gewone vergadering van die Ring van Beaufort vind plaas te Fraserburg op 15-16 Oktober 2017. (HV Burger, RS, 06.09.2017).

Kennis word gegee van die 51ste gewone sitting van die Ring van Piketberg wat DV op Maandag, 16 Okt 2017, by NG gem Piketberg plaasvind. (JC van Schoor, RS, 07.09.2017).

NOORD-KAAPLAND

KENNISGEWING

Adresverandering van sinodale kantoor: Ou adres: Pos­bus 1430, Kimberley 8300, Nuwe adres: Posbus 110677, Ha­disonpark 8306. (Fernette, 11.09.2017).

GOUDLAND

KENNISGEWING

Op Sondag, 17 Sep 2017, word die NG Kerk Klerksdorp-Suid se Goue Jubileum gevier en her­denk met ’n Nagmaalsdiens om 09:00 in die kerkgebou op die hoek van Charlessingel en Goldsburylaan in Ellaton, Klerksdorp. Alle lidmate en oud-lidmate word vriendelik uitgenooi om in die feestelikheid te deel. Vir enige navrae kontak Marinda van Rensburg (Saakge­lastigde) by 081 462 3683/082 853 2484. (Marinda van Rensburg, Saakgelastigde, 30.08.2017).

NAMIBIË

RINGSVERGADERING

Die agtste vergadering van die Suidelike Ring van Namibië vind plaas te Keetmanshoop op 9 en 10 September 2017. (G Liebenberg, RS, 31.08.2017).

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top