Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Van Zylsrus bid vir reën

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Die NG gemeente Van Zylsrus skryf:

Ons rig hierdie aan ons medeboere in die droogtegeteisterde gebiede van Namibië, Boesmanland en die Karoo.

Van Zylsrus se gebied het self gebukkend gegaan onder ’n erge droogte en daarom kan ons ons vereenselwig met julle swaarkry.

Danksy reën afgebid van Bo, is ons aan die herstel en lewe in dankbaarheid. 

Ons gemeente kan ongelukkig nie finansiële bystand bied nie, maar kan saam met julle verenig in gebed sodat ons Vader wat getrou is, die hemelse slui­se sal oopmaak en die dorre aarde benat.

Die Vader belowe ons in Jesaja 65:24: “Voor hulle nog roep, sal Ek antwoord, terwyl hulle nog praat, sal Ek hulle gebed verhoor.”

Baie sterkte en seën vir julle.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top