Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Ds Irma Nel spyker die Dordtse Leer­­reëls vas teen die voordeur van die NG gemeente Tetelestai (vroeër Heli­konpark) se kerkgebou waar Si­no­de Goudland op 31 Oktober ’n Her­vor­mingsinode gehou het. Al drie die gereformeerde be­ly­de­nis­skrifte is so deur jong leraars uit die sinode teen die deur vas­ge­slaan as ’n sim­boliese verbintenis van die si­node aan sy Gereformeer­de wortels. Foto: Neels Jackson

Missionaal wees is niks nuuts nie

Die hele gedagte van missionale kerkwees is niks nuuts nie, het ds Johan Brink, moderator, aan die sinode van Goudland gesê.

Brink het gereageer op die verwyt dat die sinode nog iets op gemeentes aflaai. Hy het gesê missionale kerkwees begin al in die bovertrek in Jerusalem waar die opgestane Jesus aan sy volgelinge verskyn het terwyl hulle bevrees agter geslote deure geskuil het.

Daar kom staan Jesus tussen hulle en sê: “Soos die Vader My gestuur het, so stuur Ek julle.”

Dr Gert Cordier van Randfontein-Noord het gesê die kerk waaraan almal ge­woond is, werk nie meer nie, omdat die wêreld waarvoor die NG Kerk ontwerp is, nie meer bestaan nie. Kerk en geloof is nie langer in die sentrum van die samelewing nie.

Hy het vir die sinode gesê ’n mens kan nie die probleem oplos vanuit die denk­raam­werk waaruit die probleem ontstaan het nie. Blote tegniese veranderinge gaan nie werk nie.

Wat nodig is, is “aanpassende verande­ring”. Dit is onvoorspelbare verandering. Dit is ’n ontwrigtende proses. ’n Mens moet as ’t ware die wiel ontwerp terwyl jy ry. Dit is morsig, dis pynlik en dit vra innovasie en risiko.

Cordier het gesê as die Heilige Gees die kerk in die toekoms inroep, doen Hy twee dinge. Hy ontwrig die kerk deur sekere dinge te stuit, deur blindekolle oop te lê en deurdat die kerk sekere dinge moet afleer.

Maar die Gees bevestig ook die kerk deur ’n nuwe verbeelding te skep, nuwe ge­leenthede oop te maak en deurdat die kerk nuwe dinge moet inoefen.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top