Stuur Amptelike Nuus na Lida Viljoen by lida@tydskrifte.co.za
NG KERK
BEROEPE NA NG KERK-GEMEENTES
BEROEP – Ds Johannes Theodorus Ackerman van Sonstraal na Elarduspark; ds Pieter Cockeran van Hanover na Upington (Moedergemeente); ds Dubois du Toit van Sondagsrivier-Kirkwood na Suiderhof, Windhoek, Namibië; ds Elzanne Mostert van der Westhuizen van Stellenberg na Stellenbosch-Welgelegen; ds Jac Johannes Pienaar van Taaibosspruit na Potchefstroom-Wes; dr M Strauss van Parow-Welgelegen na Kuilsrivier (Moedergemeente); ds Fay van Eeden van Lynnwood na Stellenberg.
NOORD-KAAPLAND
Bevestiging
Ds PJ Conradie van die NG gemeente De Aar het op 30 November 2017 geëmeriteer. Sy afskeidspreek was op 19 November 2017. (Nico Roux, RS, 20.11.2017).
Bevestiging
Ds CMV Wait word op 14 Januarie 2018 as brugleraar in die NG gemeente De Aar bevestig. (Nico Roux, RS, 20.11.2017).
Bevestiging
Ds JG van der Watt is op 17 November 2017 bevestig in die gemeente Kerkenberg. (JT Kemp, RS, 20.11.2017).
HOëVELD
SAMESMELTING
In die afgelope paar jaar het die NG gem Kinross se finansiële situasie erg verswak. Die gemeente was noodgedwonge verplig om van hul leraar te skei. Die Ring van Evander het NG Secunda Goedehoop aangewys om begeleidend met die NG gem Kinross ’n pad te stap. Die NG gem Goedehoop se kerkraad was eensgesind dat hulle nie die mense van Kinross alleen kon los nie. Daar is ’n hand uitgesteek na die gemeente om samesprekings te begin. Saam het die twee gemeentes by ’n antwoord uitgekom om een te word en die NG gem Kinross is by die NG gem Goedehoop ingelyf op
1 Julie 2017 (Willem Lubbe, 06.11.2017).
NAMIBIË
Bevestiging
Hiermee word u in kennis gestel dat ds DJ Coetzee, vroeër van Warmbad gem, Namibië beroep is na die nuutgestigde Oewer gem in Noordoewer, Namibië. Dit het gebeur as gevolg van die afstigting van Noordoewerwyk vanaf Warmbad gem, soos goedgekeur tydens die Suidelike Ringsitting van Namibië van 9-10 September 2017. Oewer gem is op 22 Oktober 2017 amptelik gestig, tydens ’n gemeente stigtingsvergadering onder leiding van die Suidelike Ringskommissie van Namibië. Ds DJ Coetzee het die beroep aanvaar en ontvang eervolle demissie vanaf Warmbad gem, Namibië op Sondag, 19 November 2017. Tydens dieselfde geleentheid word hy bevestig as voltydse eerste leraar van die nuutgestigde Oewer gem, geleë te Noordoewer (langs die Oranjerivier) in Namibië. Feesvieringe geskied op dieselfde dag. (JA Olivier, 14.11.2017).
