Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Wanneer jou geleefde belewenis van ’n situasie afgewater, geïgnoreer of selfs ontken word, kan dit as “gaslighting” bestempel word.

Onblusbare hoop

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Dr Dawie Botes van die NG gemeente Welkom-Wes skryf in ’n brief:

Leef met onblusbare hoop elke dag. Doen iets kleins elke dag.  Deel hoop, gee hoop, leef hoop. 

Tel een papier elke dag in jou dorp op.  Maak een slaggat reg. WhatsApp een boodskap van  hoop. Kyk die karwag in die oë vir twee sekondes en sê: “Lekker dag vir jou.” Gee hoop deur jou woorde.

Buk ’n slag by die bedelaar op die grond en gee met deernis die brood en koeldrank. Koop vir die arme wat in die ry staan by die winkel iets.  Gee hoop om jou: bietjie vir bietjie, een dag op ’n slag.

Maak nie saak wat die ANC se konferensie oplewer nie, maak nie saak wat politici sê en doen nie, Jesus Christus gee ons as Christene in Suid-Afrika onblusbare hoop: hoop wat nooit vernietig kan word nie, hoop wat jy nie kan weg wens nie, hoop wat môre beter sal laat lyk. Genoeg hoop vir elke 24 uur vir elke uur en elke 5 minute.

Die hoop van Kersfees met die goeie nuus van groot blydskap moet deur elkeen van ons geleef word.  Onblusbare Hoop vir nou, vir netnou en vir die toekoms.  Dit sal van die wêreld nou en vir die toekoms ’n beter plek maak.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top